top of page

 

Bitterbessie dagbreek

6-12 October 2025, Aardklop Kunstefees, Potchefstroom

 

This body of work explores the interconnectedness of words and images. 

​​

ARTIST STATEMENT

The series is inspired by Ingrid Jonker’s poems Bitterbessie Dagbreek and Op die Voetpad. The works extend my ongoing exploration of the shifting relationship between word and image, where meaning is never fixed but continually re-formed. The works developed from an artist’s book created as a visual response to these poems, which speak of loss and the solitary path each person takes in processing grief. I experienced the burning of my house, and Jonker’s imagery of the pine forest (in front of our house), the road (from the lake to our home), and dawn resonated deeply with my own lived experience. When morning breaks in red and orange after a traumatic event, the full impact of what has occurred becomes unavoidable. Existential metaphors emerge throughout the series: the road as the walk of life; daybreak as the searing moment after disaster; landscape as event; and the orange sky as an unfolding process of reckoning and becoming.

 

Afrikaans:

Die reeks is deur Ingrid Jonker se gedigte, Bitterbessie Dagbreek en Op die  Voetpad, geïnspireer. Die werke bou voort op my belangstelling in die verhouding tussen woord en beeld, en hoe betekenis voortdurend kan verander. Die werke het ontstaan uit ’n kunstenaarsboek wat ek gemaak het as ’n visuele reaksie op hierdie gedigte. Hul handel oor verlies en die alleenpad wat elke mens stap in die verwerking van rou. Persoonlik het ek die verbranding van my huis beleef, en Jonker se beelde van die dennebos (voor ons huis), die pad (van die meer na ons huis) en die dagbreek het sterk met my eie ervaring geresoneer. Wanneer die oggend ná ’n traumatiese gebeurtenis in rooi en oranje aanbreek, tref die werklikheid van wat gebeur het jou met volle krag. Eksistensiële metafore kom na vore: die pad as die lewensreis; dagbreek as die pynlike oomblik ná ’n ramp; die landskap as deel van die gebeurtenis self; en die oranje lug as ’n teken van ’n proses van verwerking en herstel.

Ingrid Jonker, Bitterbessie dagbreek. Uit Rook en Oker (1963)

Bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
‘n spieël het gebreek
tussen my en hom

Soek ek na die grootpad
om daarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af

Dennebos herinnering
dennebos vergeet
het ek ook verdwaal
trap ek in my leed

papegaai-bont eggo
kierang kierang my
totdat ek bedroë
weer die koggel kry

Eggo is geen antwoord
antwoord hy alom
bitterbessie dagbreek
bitterbessie son

 

Ingrid Jonker, Op Die Voetpad. Uit Kantelson ( 1966, postuum 1965)

 

Op die voetpad o bokkie
Jou hand die myne
En ons huisie staan klaar
In my hart se lyne

Deur die dag van die by
tot dit rooikrans o bokkie
Vannag sluit hom toe
In ons pondokkie

Klimaat van jou lyf
o meidjie dousag
Maar jou oë vlieg wyd
oor die nimmermeerdag

En die aand skilfer reeds
sy bont kleure af
Waar die voetpad alleen
oor die blou bulte draf

… En die aand skilfer reeds
sy bont kleure af



 

bottom of page