top of page

Curated exhibition: 

Me.ek

Fried Contemporary at KKNK 2013

Download the catalogue for the exhibition>

Die titel van die uitstalling, Me.Ek, is geïnspireer deur die belangrike rol wat die sosiale media vandag in ons lewens speel. Facebook, Twitter, me.com en ander tuistes is gesentreer is rondom die eie ek: ek en my vriende, belangstellings, gebeurlikhede, konneksies, vreugdes en rampe. Dit is ironies dat die Engelse woord 'site' juis met 'tuiste' vertaal word - 'n aanduiding dat hierdie elektroniese omgewings 'n nuwe 'tuiste' vir baie mense geword het. Hierdie toedrag van sake word gereflekteer in  kontemporêre kuns reg oor die wêreld waar daar 'n soeke na identiteit en 'n toenemende sin vir selfondersoek opsigtelik is.Die uitstalling Me.Ek reflekteer sodanige ondersoek na en verstaan van identiteit in werke in verskillende media soos skilder, beeldhou, teken, video, gevonde materiaal, gemengde media en grafiese kuns. In vele van die werke dra die keuse van materiaal by tot die uitbeelding van identiteit.

bottom of page